Description
Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog, is ‘n besonderse versameling Afrikaanse gedigte wat die verskillende kante van liefde verken. Van verliefdheid en romantiese liefde tot gesinsverhoudings, hartseer, woede en liefde wat oor grense heen reik.
Die bundel bring ‘n verskeidenheid digterstemme bymekaar – van bekende ouer digters soos Totius, Boerneef, Elisabeth Eybers, D.J. Opperman en N.P. van Wyk Louw tot hedendaagse digters soos Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ronelda S. Kamfer.
Daar is ook vertaalde gedigte uit onder andere isiZulu, Setswana, Xam en San, asook gedigte uit internasionale literatuur. Die verskeidenheid temas, tale en digterstemme maak hierdie bundel geskik vir lesers wat poësie op verskillende maniere wil ontdek en waardeer.
Toestand: Uitstekend





