Description
Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks is ’n Afrikaanse kortverhaalbundel wat die Suid-Afrikaanse Moslemgemeenskap en die wêreld van Kaaps en Kaapse Moslem-Afrikaans belig.
Die verhale bring gewone mense en hul lewenservarings na vore. Die leser ontmoet onder andere ’n kleremaker-dokter, ’n vrou wat die verlies van haar pasgebore tweeling moet verwerk, Marielda wat haar rol as vrou probeer uitleef, en Ghoemeira wat tradisie en moderniteit moet versoen.
Fredericks skryf met humor en deernis oor geloof, kultuur, verlies, verhoudings en die daaglikse lewe. ’n Besonderse bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.
Toestand: Baie goed






