Lente in Beijing – Francois Loots

R55.00

Toestand: Goed (Minimale vogskade; naam voorin geskryf)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 392
Gepubliseer: 2003 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624041610

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Lente in Beijing – Francois Loots is ‘n liefdesverhaal wat in 1999 in China afspeel: Gerhard is 31, hy pak halsoorkop ‘n koffer en gaan werk in die Ooste. Maar dit is sy liefdesverhaal wat hier sentraal staan: Gerhard se uitreik na ander mans, en uiteindelik na een man. Alhoewel die ‘uitvlug’ uit ‘n eie land polities van aard is, verteenwoordig dit ook die opstand teen die patriargie wat ter sprake is. Herinneringe aan sy kinderjare in Pretoria en Stellenbosch, sy verhouding met sy pa wat ‘n afgetrede brigadier is, en sy gestorwe broer belig opnuut die tema van manlikheid.

Maar in China bly Gerhard steeds ‘die vreemde duiwel’, is hy ‘n buitestaander en raak hy nooit volkome tuis in sy nuwe land nie. Moontlik vanwee die politieke onverdraagsaamheid wat ook in China realiteit geword het, en soveel ooreenstemming vertoon met die land van sy herkoms.

Vind ons ander Afrikaanse fiksie hier:

Additional information

Taal / Language

Afrikaans