Description
Mensgemaakte wonders van Afrika deur Dawid van Lill is ’n interessante Afrikaanse niefiksieboek oor die mens se invloed op die Afrika-kontinent, met aandag aan stede, aanbiddingsplekke, damme, geboue, vuurtorings, monumente en standbeelde. Dit is die opvolg van Wonders van Afrika en die vierde boek in Van Lill se Wonderlike-reeks.
Die boek bied ’n visuele en insiggewende blik op die verskillende maniere waarop mense deur die eeue ’n blywende merk op Afrika gelaat het. ’n Interessante keuse vir lesers wat belangstel in Afrika, geskiedenis, argitektuur, landmerke en Africana.
Toestand: Baie goed – ’n netjiese, goed versorgde tweedehandse eksemplaar.







