Vuur Op Die Horison – Engela van Rooyen

R140.00

Toestand: Goed 
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 730
Uitgegee: 2000 Tafelberg
ISBN: 9780624038351

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Vuur op die Horison is oorlogsroman wat kontinente en generasies omspan.

Sentraal is die Anglo-Boereoorlog, wat die lewens van mense in Suid-Afrtka sowel as Brittanje ingrypend verander. Dit is die verhaal van gewone manne, vroue en kinders wat nie net om die behoud van volk en vaderland veg nie, maar veral ook om eie oorlewing. Mense soos die Viljoens van die plaas Grootverlangen aan die voet van the Magaliesberg.

Die oueres, Gertruida en Soois, word deur ‘n nuwe geslag opgevolg. Voor die uitbreek van die oorlog reeds is die jong Boereleier Frans Viijoen verlief op die koket Memorie, maar dié het net sin in die helder ligte van die Goudstad. Dan is daar die knaphandige Gerrie, wat weet hoe om te boer en vanaf ‘n perd se rug te skiet. Haar besadigder suster Betta kry dit reg om die skugter Naas Wang om haar pinkie te draai. Die nukkerige Klint en poetsbakker Wynand word feitlik oornag groot en gereed om die wapen op te neem.

En terwyl die oorlog in die afgelsd suidpunt van Afrika woed, wag die bejaarde lord Henry Dalmain in Engeland dat sy kleinseun, Michael, van die front moet terugkeer om sy plek as erfgenaam op die Banthorp-landgoed in te neem. Aanvanklike euforie, aan beide kante van die gevegsfront, gaan spoedig oor in ontnugtering, angs en die knellende besef dat hier oneindig baie is om te verloor.

Die roman word gekenmerk deur die knap opbou van atmosfeer en intrige. Elke aspek van bestaan word gedek: liefde, haat, wroeging, smaad, medemenslikheid, humor. Dis bloedwarm lewe wat gestalte kry, sodat die leser voel asof hy dit alles self deurleef. Vuur op die horison is ‘n stuk beleë skryfwerk deur iemand wat die mens in al sy vele fasette deurskou het.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans