Description
Bekende radio-omroeper Esté Geldenhuys skryf weer oor Bybelse vroue vir vandag se vrou. Sy neem ou bekende verhale en gee dit nuwe lewe, en delf dieper vir verhale van minder bekende vroue – weggesteekte vroue wie se name dikwels nie eers aan ons bekend is nie. Uit al hierdie vroue se lewe ons kan leer dat, maak nie saak wie ons is nie, ons kan ‘n verskil maak.










