Description
Thomas@aqua.net – Carina Diedericks-Hugo is die derde boek in die gewilde reeks deur Carina Diedericks-Hugo. Die toetsreeks is verby en ‘n wonderlike langnaweek by die see le vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ‘n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos ‘n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op ‘n afgelee plek tussen die rotse – en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar!





