Verbeelde werklikheid – Eleanor Baker

R70.00

Toestand: Redelik
Formaat: Hardeband met stofomslag
Uitgegee: 1996 Human  Rousseau
Bladsye: 181
ISBN: 9780798135412

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Verbeelde werklikheid – Eleanor Baker

Waar hou verbeelding op? Waar begin werklikheid?

Baie romans ontlok die vrae, maar dis selde dat interaksie tussen “feit en fiksie” so vernuftig en skeppend hanteer word as in Verbeelde werklikheid, Eleanor Baker se twaalfde roman.

Sophia is vasgevang in die sleur van huis-en-man-en-kinders, wasgoed, ‘n stukkende garagedeur, ‘n lekkende swembad … Die enigste een wat haar kan red, is Elizabeth – en wie Elizabeth is, is die verrassing en mirakel van die meevoerende werk. Wat begin as ‘n populere ontvlugtingsroman, word weldra veel meer.

Ernstige verhoudingsprobleme en lewensvrae kom aan die bod, maar telkens so fyn en met soveel humor en balans dat dit die gewone leser sal behaag en die fynproewer uitdaag en bekoor.

“Verbeelde werklikheid is ‘n skitterende roman en ‘n hoogs bevredigende leesondervin-ding van begin tot einde. Dit is ‘n wenner.” – Andre P. Brink