Sale!

Diepsee – ‘n Keur uit die verhale van E. Kotze E. Kotze (Saamgestel deur Suzette Kotze-Myburgh)

Original price was: R90.00.Current price is: R72.00.

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 226
Gepubliseer: 2014 Human & Rousseau
ISBN: 9780624073840

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Diepsee is ‘n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het.

Dié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: ‘Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.’ Daar is verlate soutpanne waar mense ná jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; ‘n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in dié onherbergsame wêreld, in ‘n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van ‘n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan dié verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans