Waar is Pappa se panfluit? – Elsabe Steenberg

R60.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye:  101
Uitgegee: 1990 (Vyfde druk) Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 97800624021834

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Daar woon bosjannetjies in ons es-bos, en Pippelpan is die heel beste van hulle almal en hy… my pa het gesê hy kan altyd spesiaal myne wees, ek kan met hom gesels. Hy verstaan alles wat ek sê.

Maar tien is darem al groot vir in dwergies glo, dit laat die laspos van ‘n Marie Lou haar nooit vergeet nie – Marie Lou, wat aanhou vra of hulle nie beste maats kan wees nie. Kan sy nie verstaan dat sy, wat Heska is, nie ‘n beste maat wil hê nie, dat sy vir Pippelpan het? Sedert haar pa dood is, gesels sy net met Pippelpan oor goed wat saak maak.

Marie Lou se gespot dwing Heska om iets te doen. Schalk stel voor dat sy hard moet probeer konsentreer, soos ‘n lama, dalk kry haar gedagtes oor Pippelpan vorm en kan sy hom aan Marie Lou wys. Om so sterk aan Pippelpan te kan dink, het Heska haar pa se panfluit nodig. Maar al wat sy tussen sy goed vind, is sy reuk. En later is dit ook weg.

Waar is Pappa se panfluit? is die storie van die tienjarige Heska du Toit, wat moet leer om haar pa se dood vier jaar tevore te verwerk. Dit is ‘n sensitiewe verhaal, en veral die kind wat “anders” is, sal met Heska kan identifisee