Description
Hierdie is ‘n onmisbare gids en reisgenoot. Die boek neem die leser op ‘n reis deur die lengte en breedte van die land en vertel die verhale en legendes, tragies sowel as komies, van elke gehuggie, dorp en stad en weef die stories en fabels in die veelkleurige behangsel wat die verhaal van hierdie land is.






