Beste Bianca – Magdaleen Walters

R35.00

Toestand: Goed (Die rugkant is heel en sonder krake. Die bladsye is skoon en sonder vlekke)
Formaat: Klein formaat sagteband
Bladsye: 205
Uitgegee: 2022 LAPA Uitgewers
ISBN: 9781776351978

2 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Beste Bianca – Magdaleen Walters – Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red.

Doktor Bianca Dempsey is ‘n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet ‘n aantreklike vreemdeling tydens ‘n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie.

Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot.

Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het ‘n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.

Vind meer liefdesverhale hier.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans