Pofadder en Peddelford – Ferdinand Deist

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband
Bladsye: 81
Uitgegee: 1987 (Eerste druk) J.L. van Schaik
ISBN: 9780627015601

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Pofadder en Peddelford – Ferdinand Deist – Hy het as skrywer van teologiese en godsdienstige boeke in Afrikaans goen bekendstelling nodig nie. Dat hy ook verteller van kontreistories is, laat ‘n mens behoorlik regop sit.

Hierdie oud-Sandvelder is ‘n gesoute storieman en sy vertellings in Pofadder en Peddelford is sappig soos die se vygies, droog soos die halfwoestyn. Sy karakters is groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Maar hul grondige eerlikheid slaan altyd deur.

Dit dwing die leser om self eerlik te wees en ook maar vir homself te lag as hy die kop skud en die maag vashou oor onnernemer Skewies wie se fountjie in die oor hom deur sy begraffenisse help; Jopie wat met die dominee oorhoops raak en dié gesalfde so al biddende voor Gij Hjerra bykom; Slimkoos se bekommernis dat die Apollo-vuurpyl die maan gaan misskiet; die kannidaat wat sommer ‘n gjeiling water drink toe hulle hom so peper oor die kleurkwessie; of Lakkie en Floors wat die waarheid van die spreekwoord terdeë sou toets: “Laf ies laaik ‘n ould Fort kaar: eesie toe staart bat haart toe stop”.

Jy lees van taai mense (maar nie té taai nie) wat in ‘n harde wêreld leer oorleef het: ”Jy moet gespesssliseerd ge-raak het op darie stuk aarde. Annerste het hy vir jou afgegooi van hom af”.

Voor jou verby paradeer daar ernstige mense, maar nie té ernstig nie; langdradiges, maar soos ou Doemenie Vermele nie langdradig genoeg nie.

In Pofadder en Peddelford preek Ferdinand Deist nie. Hy help jou lag, al is dit soms met ‘n pyn in die sy. En al probeer jy net jou mond trek soos sy karakters praat. sal dit al lyk of jy glimlag.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans

Bladsye / Pages

81

Formaat / Format

Hardeband / Hardback

Outeur / Author

Ferdinand Deist

Jaar gepubliseer / Year published

1980's, 1987

Toestand / Condition

Goed / Good

Uitgewer / Publisher

J.L. van Schaik Uitgewers