Jacoba Afrikaner – Maretha Maartens

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 175
Uitgegee: 2002 Tafelberg
ISBN: 9780624040309

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: C2282 BO071 Categories: , , Tag:

Description

“Wat praat jy so met daardie Herero-seun saam?” het Jacoba Afrikaner se ma gevra.”En wat se gevleggery is dit van jou hare? Die baardmannetjie kuier nie saam met die hoep-hoep nie, Jacoba. Jy moenie moeilikheid soek, noudat jy grootgeword het nie.” Jacoba het geweet: Ek haal asem soos die veld, soos the springbokke, soos die werfhoenders. Maar ek is anders as hulle. Ek is uit my kleintyd uit. Na elke tyd kom ‘n ander tyd.

Een helder seisoen het Jacoba Afrikaner en Tuvahi Kapuuo saam gereis – na die waarheid wat onder die sand toegewaai was, na verskrikking, na ‘n plek waar hulle kon liefhê, en na bevrydende selfkennis. Hierna reis Jacoba, die Nama-meisie, alleen na die Groot Ashoop, waar Gladys, Koopman, die sorters en Ari, die Angolese bandesmous, haar in die gemeenskap — en in die apokalips — van Kupferberg opneem.

Aan die beter kant van Kupferberg dink Bas Pretorius: Die eenvoudige een-bladsy-verhaal van ons lewe is nou in twee gevou. Orn die geskrif van ons Iewe te kan lees, moet ons die materiaal bly manipuleer — links van die fout, regs van die fout.

Jacoba Afrikaner is die verhaal van twee liefdes, of dalk van drie. Dit is werk-likheidsfiksie waarin duiselingwekkende geheime van die Donker Kontinent aan die lig kom. Maar dit is ook die storie van ‘n groepie mense in wie se lewens waarheid en ontnugtering, adel en boosheid, krag en berou eindelik hul beslag kry.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans