Die Kleur Van Verlange – Helena Hugo

R110.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 353
Gepubliseer: 2010 Struik Christian Books
ISBN: 9781415309292

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Hierdie verhaal begin waar Grant vir die eerste keer op sy pa se plaas Weerbegin aankom. Hy het nie te lank terug nie eers uitgevind van sy pa se bestaan en aanvanklik gaan dit goed – hy is opgewonde oor die plaaslewe en die mense op die plaas is baie in hul skik met hom. Dit duur egter nie lank nie. Grant en sy pa se verhouding wil nie vlot nie en boonop sukkel hy om in kontak te bly met Nadia. Wanneer hy ‘n spesiale vriendskap ontwikkel met Stefanie, begin hy weer nadink oor sy toekomsplanne. Op haar beurt is Patsy, Grant se ma, steeds bekommerd oor haar toekoms. Haar verhouding met haar seun is nie wat dit vantevore was nie en sy weet nie vir hoe lank sy nog ‘n werk gaan he nie. Sy weet ook nie hoe sy die situasie met Dirk moet hanteer nie – sy vrou is oorlede, maar staan Patsy en hy nog ‘n kans? Is daar ‘n moontlikheid dat Dirk, Patsy en Grant dalk ‘n gesin kan word? Patsy en Grant is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie – daar is ook Oudokter, die man wat die geneesheer van die dorp is, maar self ‘n gebroke hart het. Sy eie dogter weet nie dat hy haar pa is nie. Soos Helena Hugo se vorige twee boeke, Dit gebeur met ander en Die pad na Weerbegin, is Die kleur van verlange ‘n meesleurende verhaal wat lesers nie sal kan neersit as hulle dit eers begin lees nie.

Foto’s geneem deur Karin’s Treasures.

rugkant die kleur van verlange

agterblad die kleur van verlange karins treasures

Additional information

Taal / Language

Afrikaans

Bladsye / Pages

353

Formaat / Format

Sagteband / Paperback

Outeur / Author

Helena Hugo

Jaar gepubliseer / Year published

2010, 2010's

Toestand / Condition

Goed / Good

Uitgewer / Publisher

SCB