Die Suid-Afrikaanse Reg: Wat elkeen moet weet – Francois Smuts

R60.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 
384
Uitgegee:  2016 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624051527

 

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Elkeen van ons word een of ander tyd met ’n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou ’n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.

 

Ook alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het ’n kontrak nodig om ’n huiswerker aan te stel en jy het ’n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy.

Alles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra. Die Suid-Afrikaanse reg: Wat elkeen moet weet is ’n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika.

Spaar jouself geld en slapelose nagte deur dié betroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor – of in die hof – beland.

Vind uit:

  • watter slaggate om in kontrakte te vermy
  • wat jou regte in die werksituasie is
  • wat om te maak as die ongeluk jou tref
  • hoe jy familieprobleme kan hanteer
  • wat moeilike regsbegrippe beteken
  • hoe hofprosedures werk
  • waar jy om hulp kan aanklop
  • hoe jy jou regskostes laag kan hou

Die Suid-Afrikaanse reg: Wat elkeen moet weet verduidelik nie net bostaande en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit gee ook ’n mondvol praktiese raad oor ’n wye reeks probleme waarmee jy een of ander tyd te doene gaan kry.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans