Description
‘n Magdom innoverende idees om tuinverfraaiings te skep wat die oog vang, van ‘n kanferfoelieheining tot ‘n ongewone watermuur van klip om jou tuin op sy beste te laat vertoon. Hierdie boek bevat meer as 56 projekte met maklike stap-vir-stap aanwysings en illustrasies, en pragfoto’s van elke projek. Die omvattende naslaanafdeling bevat praktiese wenke en raad oor basiese tuinmaaktegnieke, met slim idees en beproefde kortpaaie om sukses in jou tuin te verseker.








