Description
Blindes wat kan sien, dowes wat kan hoor, leeus se bekke wat gesluit word. Dis wonderwerke waarvan ons in die Bybel lees en waarop ons almal hoop. Die lewe voel vir ons so gewoon, so sonder hoop. Ons glo en wil so graag sien. Maar niks gebeur nie. Tot daardie doodgewone dag wat alles verander. In Sien die son in elke dag word Christi Panagio se storie en veertig ware vertel van mense wie se lewens geseen is met ‘n wonderwerk. Vir elkeen kon getuig van God se ongelooflike werk in hulle omstandighede en dat die son tog weer vir hulle geskyn het. As jy voel dat die lewe saai geraak het en dat wonderwerke nie, is Sien die son in elke dag beslis die boek vir jou. Uit hierdie verhale leer jy dat wonderwerke steeds gebeur elke dag! Die boek is saamgestel uit Finesse-artikels en sal jou inspireer, opnuut God se krag laat ontdek en ook die wonderwerke in jou lewe laat raaksien. Die boek volg op die treffer, Vind die soet in elke dag, wat onlangs bekend gestel is.










