Description
Die praktiese gids het iets vir elke smaak en sak. Of jy nou hou van naaldwerk, verf, interessante goed maak en versier, of liewer in die kombuis doenig is. Maak jou eie geskenke is propvol projekte en resepte om jou en die hele gesin besig te hou. Baie daarvan is maklik genoeg dat die kinders kan inspring as hulle verveeld is. Die manne (en vroue!) wat graag met jou hout werk, is ook nie afgeskeep nie – vir hulle is daar ‘n klompie houtartikels ingesluit.










