Description
Pot-pourri verstrek al die inligting wat ‘n mens nodig het om self hierdie sjarmante geurmengsels te berei. Die boek bevat ‘n aantal resepte waarin net bestanddele wat maklik bekombaar is in Suid-Afrika gebruik word. Al die mengsels het ‘n heerlike geur, en baie van hulle het boonop praktiese gebruike van om vlooie van die hond af weg te hou tot om ‘n mens rustig te laat slaap. Margaret Roberts gee raad oor hoe om olies en setmiddels te maak en te gebruik, en vertel stapsgewys hoe om die bestand dele in te samel en te droog. Die boek bevat ook lyste van die kruie en blomme, bome, struike en rankplante wat geskik is vir die maak van pot-pourri








