Lank, donker en dierbaar – Madelie Human

R35.00

Toestand:  Goed (Hierdie tweedehandse sagteband is netjies versorg en in goeie leesbare toestand — perfek vir liefhebbers van Afrikaanse fiksie teen ’n bekostigbare prys.)
Formaat:  Klein formaat sagteband
Bladsye: 
 205
Uitgegee:  2019 LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799396393

2 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Lank, donker en dierbaar – Madelie Human

Reg en geregtigheid met meer as ʼn tikkie liefde daarby … Rochelle Benade, maatskaplike werker en kampvegter vir dié wat nie vir hulself kan baklei nie, kom in die hof te staan teenoor die silwertong prokureur, Zirk Heyns. Wat oorreed ʼn intelligente man soos hy om aan die kant van gewetenlose kindermishandelaars te wees? Algaande kom sy agter hy is egter nie die duiwel waarvoor sy hom aansien nie . sy ouma dink selfs hy is dierbaar! Van ‘dierbaar’ weet sy nie, maar dat hy haar kiewe laat water, is vir seker, al glo sy nie aan romantiese liefde nie. Sy weet dit vervaag en droog baie vinnig op – sy het dit dan self gesien in haar ouers se ongelukkige huwelik.

Zirk wil haar beskerm en versorg, terwyl sy verbete veg vir haar onafhanklikheid en dit laat die vonke tussen hulle spat. Toe ʼn ontsnapte misdadiger wraak sweer teen hulle albei en boonop haar lewe bedreig, besef Zirk dat hy enigiets sal doen om haar te red. Lank, donker en dierbaar is die derde boek in die Lank-en-donker reeks en die skrywer slaag daarin om die spanningselement, sowel as die ernstige tema van kindermishandeling suksesvol met dié van die ontwikkelende liefdesverhouding te vermeng sonder om afbreek daaraan te doen of dit te oorheers.

Die hoofkarakters van die eerste twee boeke in die reeks speel steeds ʼn rol en help om die reeks suksesvol af te rond. Hierdie boek is skrywer Madelie Human se jongste romanse vir die Romanza handelsmerk. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses.

’n Hartroerende Afrikaanse roman deur Madelie Human oor liefde, verlies en die kompleksiteite van verhoudings. Lank, donker en dierbaar neem lesers op ’n emosionele reis met geloofwaardige karakters en ’n meesleurende storielyn.

Vind meer liefdesverhale en Romanza’s hier.

 

Additional information

Taal / Language

Afrikaans