Description
Suid van die wind, lê die eilande van Mauritius, Reunion en Madagaskar. Bure aan ons Ooskus met wie ons in vorige eeue baie kontak gehad het, en wat steeds ‘n ietwat eksotiese bekooring inhou.
Hierdie boek vertel van haar reis deur hierdie buureilande in 1961, en vertel die geskeidenis en die hedendaagse ervarings wat sy beleef daar op haar reis. Eilande wat soos Suid-Afrika, ‘n mengelmoes van plaaslike en oorsese invloede meng tot ‘n unieke kultuur.





