Description
In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die voorlaaste uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk, die bloemlesing te hersien en aan te vul. Dié uitgawe, Groot Verseboek 2000, het vyf drukke beleef en topverkoperlyste gehaal.








