Die Verlange Loop Ver – Audrey Blignault (Goeie toestand)

R60.00

Toestand: Goed  (Stofomlag ligte verweer)
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 142
Uitgewer: 1971 (Tweede druk) Tafelberg-Uitgewers
ISBN:

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Audrey Blignault het twee keer oorsee gaan reis. Die tweede keer het sy haar man vergesel op ‘n wêreldreis wat hy  moes onderneem om mediese kongresse in verskeie land, o.a. die Filippyne en Indië, by te woon. Dit het haar op plekke gebring waar ‘n toeris nie gewoonlik kom nie en mense laat ontmoet wat ‘n gewone reisiger nie maklik raakloop nie. Dit het haar ook in staat gestel om “pelgrimstogte” te onderneem: Na die tuisdorp van haar geliefde Emerson, na Ierland, die land van herkoms van haar voorgeslag aan moederskant; na Bermuda waar ‘n oom aan vaderskant as laaste Boere-krygesgevangene gesterf en begrawe is.

Die interessanthede, die romantiek, die snaaksighede het sy fyn waargeneem. Maar die versoeking om ‘n reisverhaal te skryf, het sy weerstaan. Wat die leser hier aangebied word, is die skryfster se siening en reaksie op persone, situasies en gebeurtenisse uit haar reise in die buiteland. Dit maak die essays in hierdie bundel anders as haar vorige bundels: dis minder persoonlik. En tog is hulle ook nie anders nie, want dis nog Audrey Blignault aan die woord met die vonkeling in haar vertellings en haar heerlike beheer oor die Afrikaanse taal.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans