Sale!

Witboy in Berlyn – Avonture in die Eerste Wêreld – Deon Maas

Original price was: R120.00.Current price is: R60.00.

Toestand:  Uitstekend
Formaat: 
Sagteband
Bladsye:  216
Uitgegee: 2019 Jonathan Ball Publishers SA
ISBN: 9781868427581

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

“Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie.”

 

Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ’n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.

In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.

Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ’n lid van ’n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ’n protesoptog deel.

Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.

Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as ’n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van ’n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is

Additional information

Taal / Language

Afrikaans