Omdat ons saam is – Elsa Winckler

R35.00

Toestand: Goed (Rugkant is stewig en die bladsye skoon en netjies)
Formaat: Sagteband
Bladsye:  205
Gepubliseer: 2020 LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799398717

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

In Omdat ons saam is – Elsa Winckler moet Bella desnoods die onuitstaanbare Wian se hulp aanvaar, en van hom – eintlik álle mans – wil sy niks weet nie.

Haar verraaierhart is onbewus van haar besluit om mans nooit weer te vertrou nie, want as Wian haar soen – bloot toevallig, natuurlik – smag sy sowaar na meer … en nog meer.

Sy en Wian besluit daar is net ruimte vir ’n ligte flirtasie tussen hulle, maar Bella weet dit is hopeloos, want sy is lief vir Wian. Ook sy renons in klein kindertjies verdamp toe hy besef hy kan nie sonder Bella lewe nie.

Gaan hulle mekaar van hulle nuwe gevoelens oortuig kry, of is ’n lewe saam met mekaar bloot ’n hersenskim?

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Omdat ons saam is, is Elsa Winckler se jongste romanse. Dit handel oor Bella Mulder, die jongste suster van drie. Haar storie volg op die vorige twee boeke in die reeks wat deur NB Uitgewers gepubliseer is: Omdat jy jy is (Leen se verhaal) en Omdat jy my liefhet (Livie se storie).

Elsa Winckler se vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: -Blameer die skoenlapper (Februarie 2018), -My groot liefde (November 2018), Want die hart weet (Januarie 2019),  Altyd net jy (Augustus 2019), en -Want hy praat tjoklits (Desember 2019).

Vind meer liefdesverhale en Romansa’s hier.

 

Additional information

Taal / Language

Afrikaans