Anderkant Die Scrap – Dana Snyman

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 184
Uitgegee: 2006 Human & Rousseau
ISBN: 9780798147149

Out of stock

SKU: ERR150 Categories: , , , Tag:

Description

Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie “Familiefoto”. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal – Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie’s, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense tee. Elke nou en dan sien mens ‘n reenboog.