Description
Hoe vermoor mense hul eie familie? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van Moord op Griekwastad, klop by kenners aan en gaan haal die storie agter die stories. Suid-Afrika het talle sulke tragiese voorvalle. Venolia Siwa: moordenaar van haar vyf kinders. Phoenix Theron wat haar ma vermoor het om haar suster te beskerm. Don Steenkamp: moordenaar van sy ouers en sussie. En nog meer…


