Description
Die boek waarop alle potjiekos-liefhebbers reeds lank wag: ‘n Keur uit die honderde resepte wat Huisgenoot vir sy groot potjiekos-wedstryde uit alle uithoeke van die land ontvang het. Elk van die tagtig smullekker potjiekosresepte is spesiaal uitgesoek en deeglik getoets. Die boek, met volkleur-foto’s en aantreklike lyntekeninge deur Louwra Marais, is ook propvol nuttige wenke en ander inligting oor hierdie gesellige kuierkos.









