Sing, Mamma, sing – Theresa Papenfus

R140.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye:  298
Uitgegee: 2024 Litera
ISBN: 9781920188573

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit ‘n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in ‘n oogwink.” Sy lê oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, ‘n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag.
Sing, Mamma, sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf..
Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Lesers het soos volg op die teks gereageer:

“’n Jammerklag is dit egter nie,’ lees die Voorwoord. ‘Ook nie ‘n selfhelpgids nie. Die leser reis saam met ‘n ma deur haar kind se lewe, lag baie, kry groot waardering vir hom en neem ten slotte saam met haar van hom afskeid.’ JEANETTE FERREIRA

‘Dit is ook ‘n dokument van ”n tydperk, van die 1980’s tot in die nuwe eeu, waarin baie veranderings geregistreer word. Daarby is dit ‘n bevestiging dat die dikwels bespotte en uitgedaagde “konvensionele”, “normatiewe” gesinslewe nie so voorspelbaar en eenvoudig is as wat soms gemeen word nie. Hoewel die sterk godsdienstige bewussyn deurgaans ‘n belangrike rol speel, word geloof of goddelike ingrype nie as ‘n gemaklike oplossing vir die verteller of die leser voorgehou nie. ‘Liefde staan sentraal in die boek – tussen man en vrou, ouers en kinders, en tussen vriende. ‘ …sonder soetsappigheid. Sonder prekerigheid. Terselfdertyd onthutsend en troostend. ‘Ek dink dit sal aanspraak maak op ‘n groot groep lesers.
‘WILLIE BURGER

‘ … ‘n huis met vertrekke, ‘n biografie en outobiografie ineen. Dit boei, die ironie vermorsel die leserverwagting, die humor vermaak. Dit vertel van geloof, hoop – en liefde. Die outeur is ‘n vaardige “fotograaf” wat weet hoe om met skaduwees lig en lewe te vergestalt.’
MARIETJIE COETZEE

‘ … ‘n ryk teks met verskeie stemme, vir my boeiend, aangrypend en absoluut eerlik.’ ANNETTE JORDAAN