Description
Gegrond op die verhaal van die Voortrekkerseun Ferdinand Paulus van Gass soos aangeteken deur dr. Gustav S. Preller.
Avontuurlustige jong lesers verlang steeds na nuwe ervaringsvelde, weg van die bekende, gewone dinge. Hulle smag na nuwe omstandighede wat hoë eise aan hulle vernuf sal stel.
So ‘n besondere situasie kan wees om soos ‘n Robinson Crusoe in ‘n ongetemde wildernis te moet lewe. Maar soos Robinson Crusoe se ervaringe nie heeltemal versinsel was nie, so is die avonture van Paulus van Gass in Wit Oemfaan op die werklikheid gebaseer.








