Wildvreemd – Carina Stander

R120.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 257
Gepubliseer: 2011 (Eerste uitgawe)  Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624053392

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB2131 Categories: , , ,

Description

“Die heuningboer se stomtaal pla my min. Nog nooit was dit vir haar nodig om te beduie sy sal markdag wag by die Ruig se rand nie. Vandat ek haar ken, daag ek net op en sy is daar. Met haar heuning en haar kerse, haar kaal voete en stiltes. Soms sal sy roep om te laat weet sy is naby – soos ’n uil, of ’n jakkals. Maar nooit sal sy ’n woord voor my praat nie. Net een slag, jare gelede, een môre, het ek haar hoor huil. Toe sy die flesse aangee, het ek die vars bloed onder haar vingernaels gesien, haar handpalms, rooi gevlek, soos herfsblare. Aaneen het sy gehuil, sag soos ’n reëntjie. Maar ek het nie gevra nie; sy sou nie kon sê nie.”

Nege jaar tevore het die vrou haar intrek in die Ruig geneem. Een maal per maand stap sy dorp toe om haar heuning te verkoop; dan trek die vroue wat haar gewaar hul asem skerp in. Sy vergiftig seuntjies, sê die mense. Die merk aan haar keel, dis waar die hiëna haar gebyt het; daarom is sy stom, sê hulle. ’n Gevaarlike vrou is sy; ’n heks; ’n hoer. Mal . . .

Nege jaar ná haar aankoms stap sy nog ’n keer dorp toe, dié keer gedryf deur haar werklike bemoeienis, ’n alleenstryd teen wildstropers. Die hele dorp hou asem op. Dan breek daar ’n veldbrand teen die berghange uit . . . en dis asof almal se vrese en begeertes, ou wrokke en verlangens self in vlamme uitbars.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans