Description
Lilly maak sedert graad elf besluite met haar kop en ignoreer haar hart heeltemal. Maar blykbaar het haar hart voete van sy eie en loop waar hy wil. Veral agter haar eerste liefde, Migael, en ou herinneringe aan. Hoeveel offer jy in ‘n verhouding op? En wanneer word opoffering té groot? Dis die onderliggende tema van Weer eens Lilly. René is ‘n skrywer wat ernstige kwessie met humor aanspreek. Soos met Opa vir die liefde maak sy nie lig van ‘n ernstige saak nie, maar sy word ook nooit swartgallig nie.








