Vrediger – Dibi Breytenbach

R80.00

Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 300
Uitgegee: 2016 Lapa Uitgewers
ISBN: 9780799379433

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: CS015 CS084 CS085 Categories: , , Tag:

Description

Dit is die verskriklikste dag van Willem Maarschalk se lewe. Op vier en veertig is hy die gekoesterde raadgewer en prokureur van ‘n skatryk suikerbaron. Ná ‘n egskeiding en verhuising na ‘n klein dorpie in die Natalse platteland, is Willem se lewe rustig en relatief ongekompliseerd, tot dáárdie dag.
Twee moorde en een inval op dieselfde plaas op dieselfde dag ruk hom na die wrede werklikheid en hy word meteens brutaal gekonfronteer met die roeringe en onrus wat onder die spieelgladde oppervlak van sy klein dorpie lê.
Wie is verantwoordelik vir die moorde? Wie is verantwoordelik vir die inval op die plaas? Wie is die mense vir wie hy werk? Is mense van nature koelbloedig of word hulle so? Is almal wie hulle voorgee om te wees? Hierdie is die vrae wat Willem vir homself moet antwoord binne die bestek van ses en dertig verskriklike ure.
Vrediger is ‘n roman wat handel oor vooroordeel en verborge motiewe, en hoe maklik dit is om daardie motiewe mis te kyk wanneer ‘n mens se oe verblind word deur die glans wat die werklikheid omring.Dibi Breytenbach (regsgeleerde) debuteer in 2015 met Saliger, ‘n roman met kindermishandeling as tema. Taalgenoot berig oor Saliger: “Hoe verder mens lees, hoe meer kan mens maar net wens dat regsgeleerdes meer fiksie moet skryf. Die skrywer se agtergrondkennis verleen ‘n ongekende diepte aan die genre en onderskei haar van die res. Hoewel die onderwerp met erns bejeen word, is die boek nie swaar leesstof nie, maar eerder ‘n kombinasie van spanning, genot en vreugde in ‘n boek wat lekker en vinnig lees.”

Additional information

Taal / Language

Afrikaans