Description
Vier briewe vir Jan Ellis deur Steve Hofmeyr is ‘n kort, aangrypende Afrikaanse roman waarin humor en patos saamkom. Hierdie eksemplaar is in goeie toestand, met ‘n boodskap voorin.
Die verhaal handel oor ‘n onskuldige posbode wat deur ‘n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die roman raak groter temas soos die regstelsel, kerkleierskap en ‘n gemeenskap se verantwoordelikheid teenoor mense wat hulp nodig het. Dit was Steve Hofmeyr se debuut as prosaskrywer.
Alle foto’s is geneem deur Karin’s Treasures.












