Vermis – Jeanette Stals

R90.00

Toestand: Goed (Voorblad het ‘n voutjie)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 304
Uitgegee: 2017 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780799383331

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: C0898 Categories: , , ,

Description

Dit is die tweede boek in ’n reeks oor Luna, ’n jong speursersant van Stellenbosch. In hierdie verhaal word sy betrek by die ondersoek na ’n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit ’n plaaslike gastehuis verdwyn het. Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geemigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon. Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag. Sy volg ’n suspisieuse motor tot in ’n swart woonbuurt waar sy oorrompel en self ontvoer word. In die bak van die motor vind sy die meisie, maar nou is albei gevangenes van ’n kartel wat handel dryf in jong vroue. Luna moet elke greintjie inisiatief inspan en al haar kennis betreffende selfverdediging bymekaarskraap om van die ontvoerders af weg te kom. Ook om vir Elodie uit die gebou te kry en steeds uit die ontvoerders se kloue te hou. Geleidelik blyk dit dat die gesinnetjie se bestaan nie so idillies is as wat dit vir buitestanders mag lyk nie. Aan die einde van die verhaal wag ’n skokkende onthulling op die leser.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans