Description
Hy’t haar hart leer vlieg, ’n warm vreugde diep binne-in haar laat oopbreek.
Maar hy’t haar ook vasgeketting. “In die regte lewe is daar nie ’n óns nie, Kate … ”
Kate weet dit. Sy is ryk John Woodroffe se dogter, midde-in die wurgende depressie, die armblankes oral, die woedende myners diep in haar pa se goudmyne. En Bernard Neethling is ’n mynwerker.
Hy pas haar op terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hul wêrelde is onversoenbaar. Albei weet dit.
Maar hy skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hul liefde te laat blom.










