‘n Skatkis vol Lagstories – Jan Rodrigues

R70.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 1996 J.A. Rodrigues
Bladsye: 60
ISBN: 9780620204798

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

“Met die klappende voete en die gehyg kort op sy hakke wat sy treë sommer so vanself laat langer word het, het hy met ‘n boog na die opening in die tent geduik. In die donker misreken hy hom effens met die plasing van die tent se deur en maak hy met ‘n slag kop eerste met ‘n tentpaal kennis…”

“Sy oë het die bos vrugteloos gefynkam vir die onmoontlike — totdat sy blik op die kranse aan die oorkant van die Olifantsrivier geval het. Dit was toe dat hy hom terug in sy broek in skrik…”

“Toe die man die deur blitsvinnig agter hom toeruk, wou dit tot sy verbystering nie heeltemal toe nie. Hy het blitsvinnig ‘n tweede keer met nog groter geweld probeer, maar weer wou die dekselse deur nie toe nie. Toe hy dit vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde later vir ‘n derde keer toeruk, het ‘n skerp pyn die vreesbevange man daaraan herinner dat een van sy voete nog buite die voertuig was…”