‘n Oomblik in die wind – André P. Brink

R80.00

Toestand:  Redelik
Formaat:  Sagteband
Bladsye:  198
Uitgegee: 1980 (Vierde druk) AD Donker Uitgewers
ISBN: 0 949937 30 4

 

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

‘n Oomblik in die wind – André P. Brink. Die roman speel af tussen 1749 en 1751. Elisabeth vergesel haar eggenoot, Erik Alexis Larsson, en ‘n gids, ene Van Zyl, op ‘n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op ‘n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie.

Adam Mantoor, ‘n drosterslaaf, ontferm hom oor Elisabeth na die dood van die twee mans. Hy word haar beskermer in lewensgevaarlike omstandighede en hulle vertrek op die lang en gevaarlike tog terug Kaap toe. ‘n Verhouding ontstaan tussen die wit vrou en die trotse slaaf, en daar is ‘n ruk lank ‘n byna paradyslike bestaan in die wildernis.

Die reis terug lei deur die Karoo en word gekenmerk deur steeds groter ontbering, en Elisabeth beloof Adam om hom sy vryheid te help verkry