‘n Huis Vir Ester – Carol Campbell

R75.00

Toestand: Uitstekend
Formaat: Sagteband
Bladsye: 222
Gepubliseer: 2014 (Eerste uitgawe) Umuzi
ISBN: 9781415207413

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: LH0081 Categories: , ,

Description

Twintig jaar lank wag Ester Gelderblom al vir ’n huis. In Oudtshoorn se sner­pende winter tree sy en haar vriendin Katjie aan om te sien of hulle name dalk dié keer op die regering se lys van nuwe huiseienaars verskyn. Ester droom van ’n tuiste vir haar dogter Liedjie, wat Sondae klawerbord by die Bless Me Jesus speel, en ’n plek waar haar man Neville weer op sy voete kan kom.

 

Maar korrupsie beduiwel alles: Vir omkoopgeld manipuleer amptenare die behuisingskema se waglyste. Wanneer Katjie se blyplek afbrand, neem die twee vroue die reg in eie hande en beset hulle twee leë huise. So sit Ester en Katjie ’n reeks gebeure aan die gang wat alles kosbaar in hul lewens sal bedreig.

’n Huis vir Ester is ’n verhaal oor gierigheid en mag en diestryd om geregtig­heid wanneer goeie mense besluit genoeg is genoeg.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans