Description
Katriena, die char van die halwe huis in Tamboerskloof, is terug!
Met Katriena het Riana Scheepers ‘n onvergeetlike karakter geskep wat almal in Suid-Afrika laat lag het – vir onsself. En nou is die ontstuitbare Katriena terug met nóg meer kwinkslae en stories.
Katriena is ‘n vrou met ‘n knieg aan haar, en somtyds ook ‘n rug en ‘n elmboog, maar sy is ook ‘n vrou met ‘n hart. ‘n Ruim hart vol deernis met die wêreld: vir bergies en wedevroue en vroue wat alleen die wêreld moet aandurf, maar veral vir die mêrrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders.









