Die Reuk Van Appels – Mark Behr

R35.00

Toestand: Goed (Naam voorin)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 208
Gepubliseer: 2002 (Vyfde druk) Queillerie
ISBN: 9787874901556

Out of stock

SKU: IH044/MB753 Categories: , ,

Description

Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer, Eddie Barlow se krieketspan is besig om die Engelse op Nuweland op te dons, die Amerikaners begin noustrop trek teen die Kommuniste in Viëtnam, en in die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken.
Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar, vreeslik.
Agter hom lê die geskeidenis van sy familie in Tanganjika. Voor hom, al weet hy dit nog nie, wag ’n grensoorlog. Tussen geweld en geweld lê daardie oomblik wanneer onskuld verlore raak: ’n Skokkende ontdekking wat deur die oppervlak van die alledaagse breek om alles onherroeplik te
verander.
Van daardie beslissende oomblik af sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak…
a

Additional information

Taal / Language

Afrikaans