Description
Anna het ‘n gestremde tweelingbroer. Sy is erg verknog aan hom, maar soms wit sy net haar eie mens wees – en nie net altyd Adam se (geduldige) suster nie.
Soos die jare verbygaan, en Anna naderhand haar eie voete in die grootmenswêreld vind, raak die spanning tussen Anna-wees en Adam se toegewyde suster-wees al hoe groter.
Die hemelklip gee ‘n diep ontroerende en onsentimentele blik op die komplekse ervarings van gesinslede wat met ‘n intellektueel-gestremde persoon saamleef. ‘n Besonderse stuk skryfwerk deur Tobea Brink.









