Description
Davel-vroue #4
Haar pa sê sy is ‘n wildewragtig. En Deborah is versot op argeologiese opgrawings. Sy dra graag haar boetie se klere. Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.
Heath Hughes leer haar as die seun Doepie ken toe hulle saam by opgrawings by die Zimbabwe-ruines beland. ‘n Jong seun, glo hy. Maar hy ontmoet ook vir Deborah. En altwee herken die intense aangetrokkenheid tussen hulle.
Sy besef sy’t Heath lief, maar hy’s ‘n dief, ‘n leuenaar, hoor sy. En vir oneerbaarheid is daar geen verskoning nie.










