Ballade vir ‘n enkeling – Leon van Nierop

R95.00

Toestand: Redelik (Plastiek van buiteblad trek los)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 604
Gepubliseer: 2014 Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624070306

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: LH0309 Categories: , , ,

Description

In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ‘n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014.

Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ‘n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ‘n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings.
Maar wanneer sy by die eintlik rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel . . .

Additional information

Taal / Language

Afrikaans