Audrey Blignault – Uit Die Dagboek Van ‘n Vrou – Marie Heese

R55.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 249
Uitgegee: 2009 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624047742

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

’n Versameling essays deur een van die mees geliefde skrywers in Afrikaans. Hierdie bundel bied aan Audrey Blignault se bewonderaars toegang tot van haar gewilde essays wat lank reeds uit druk is. Dit sal ook nuwe lesers lok, want Audrey se aanslag is onweerstaanbaar: haar uitbeelding van tyd en plek is onverbeterlik, haar deernis en begrip vir mense; die afwisseling van erns en humor, lewenswysheid, selfspot, vreugde en verdriet. Hierdie versameling is uitgesoek deur Audrey se dogter, Marié Heese, en vertel Audrey se lewensverhaal in haar eie woorde. Verspreid oor die nege bundels uit haar Sarie-rubrieke, gepubliseer oor ’n paar dekades, het Audrey haar lewe in sy volheid weergegee. Tesame met van haar verhale in Dit reën rose kan die leser met vreugde meeleef: haar kinderjare in Bredasdorp; studentejare, eerste huwelik, moederskap; die skok en stadige herstel ná die ongeluk waarin haar lewensmaat sterf; haar tyd van eensaamheid; tweede huwelik; die soms ontstemmende oomblikke van ouma-wees; en die bewustheid van die klem van die tyd wat niemand kan ontkom nie.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans