Alles Begin Met Anna – Annemari Coetser

R120.00

Toestand: Redelik (Voorblad het ‘n klein stukkende plekkie, naam, adres en telefoonnommers binne geskryf)
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 352
Uitgegee: 2017 Human & Rousseau
ISBN: 9780798176170

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: LH1275 Categories: , , ,

Description

Dis 1934. Poppie Nienaber is 21 jaar oud, en sy werk in die Haberdashery- afdeling in Mr Cristal se algemene handelaar op Bethlehem. Saam met haar ouer sussie, Anna, woon hulle in tant Nelie se losieshuis in die straat af, en haar broer Jannie kom kuier gereeld op ’n Sondagmiddag, sedeprekies en al. Poppie weet daar is geheime in die familie waarvan sy niks weet nie, en dat Sussie Anna dinge van haar weghou. Party goed onthou sy vaagweg, soos haar ma wat staan en strykwerk doen, die skroeireuk van ’n stryklaken wat hang in die lug. Dis wanneer Poppie besluit om haar eie potjie te gaan krap op Senekal dat dinge stadig in plek begin val. En dis nie lank hierna nie dat sy die spoorwegklerk Frikkie Bredenkamp ontmoet

Alles begin met Anna is losweg gebaseer op die skrywer se eie familiegeskiedenis. Die roman vertel ’n roerende verhaal oor drie geslagte heen, van voor die Anglo-Boereoorlog tot die aanloop en gebeure van die Tweede Wêreldoorlog.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans