Aarde na firmament – Lina Spies

R80.00

Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye:  42
Uitgewer: 2022 Naledi
ISBN: 978192853088

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Aarde na firmament is as ‘t ware ‘n pandemiebundel, waarvan die meeste gedigte in die inperkingstyd geskryf is. In die afsondering van 2020 en 2021 het Lina Spies ‘n hernude band met die aarde gevoel en dikwels troos gevind by haar geliefde kat, Mouschi. In die drie pandemiegedigte prys sy die manier waarop diere die aarde plek-plek as habitat heringeneem het eerder as om te fokus op die verskrikking van die virus en die noodwendige eensaamheid en vervreemding van medemens, familie en vriende.

Die sigbare firmament is verbonde aan die vaste aarde. Uit dié verbintenis met die aarde is die liefde vir die natuur en Stellenbosch twee ander sterk temas. Daarmee saam kom Lina se jare lange waardering vir klassieke musiek en letterkunde. Elke gedig verwoord ‘n eg menslike ervaring, met ‘n inherente ritme en musikaliteit.

Aarde na firmament deur Lina Spies is ’n keurige bundel Afrikaanse poësie wat temas van lewe, geloof, natuur en menswees met fyn waarneming en liriese skoonheid verken. Spies se digkuns is deurdag, toeganklik en ryk aan emosie — ’n besonderse toevoeging tot enige poësieversameling.

Hierdie sagteband-eksemplaar is soos nuut en uitstekend versorg — ’n pragtige kopie teen ’n uitstekende prys.

 

Additional information

Taal / Language

Afrikaans