Description
Keurboslaan #8
Die agtste boek in die gewilde Keurboslaan-reeks. Berrie Serfontein is in die moeilikheid. Hy hoor hoe ’n vreemde besoeker met ’n Amerikaanse aksent dreig om onbekende geheime uit sy pa – die bekende doktor Roelof Serfontein, hoof van Keurboslaan se seunskool – se verlede bekend te maak. Berrie besluit om sy pa ten alle koste te beskerm. Maar dan loop dinge verkeerd.



